Beskibaar by

Wyn... Die naam waaraan die finale produk van die proses van gisting van vars druiwesap bekend staan.
Nêrens is die proses beter afgebeeld as in die Noord-Kaap, die grootste van Suid Afrikase provinsies met 'n opervlakte van 361 000 v/km.
Dit is hier, in die mees eilbevolkde deel van die land, dat duisende hektare wingerd aangeplant is langs die Oranje Rivier (of Gariep Rivier) vir honderde kilometers aaneen. Die Noord-Kaap is ook waar die Oranjerivier Wynkelders wat in 1963 gestig is,gevind kan word.
Die sondeurdrenkte landskap bekend vir sy blou lug en rooi Kalahari sandduine steek ook die geheim van die oasis wat die Oranje Rivier skep, goed weg. Die Groot Rivier, wat min verander het oor die jare heen, verf 'n kaleidoskoop van die kleur groen op sy oewers.

Die Oranje Rivier bied aan 'n aar van lewe vir beide plant
en dier sowel as die mense kulture gevestig op sy oewer. Die Koikoi mense langs die rivier vertel dat hulle groot
geword met stories wat oorgedra is deur die fluister van die strome van die Gariep Rivier.
In hiedie land van kontras vloe die Oranje Rivier, die lewensaar in hierdie dorre aarde. Saam met die rooi Kalahari
sandduine en die massiewe Augrabies waterval, gee die unieke vetplante die gebied sy aantreklikheid.
Eeue terug het Barthlomias Diaz, vyf dae lank by die mond van die "St Antonio Rivier" deurgebring.
In 1779 is die rivier herdoop na die Oranje Rivier te ere van die Prins van Oranje. Maar in die volksmond bly dit
die Groot Rivier.
In 1883 het die sendeling Schröder begin bou aan die Upington kanaal om die vooruirgang van die mense in die
omgewing te verseker. In daardie jare is die waterwiel gebruik om die water na hoë grond toe te pomp.In 1966
is die Oranje Rivier Skema in werking gestel en hierdie kanaal sisteem is die lewensbron vir die wynbedryf in die
Noord-Kaap.

Die vyf wynstreke van Oranje Rivier Wynkelders is in die noordelike deel van die Noord-Kaap, 'n streek ook bekend
as die Kalahari en beroemd vir sy asemrowende sonsondergange,oop vlaktes en ongeewenaarde sterrehemel.
Die wingerde is alal langs die rivier geleë en strek oor 'n afstand van 350 kilometre, vanaf Groblershoop
Wynkelders in the Noord-ooste na Grootdrink, Upington, Keimoes tot en met Kakamas in die weste.
Die reënval van die streek is tussen 120mm tot 160mm en val tussen lente en somer, dit wil sê van September
tot April. Die winter temperature wissel van 3° C en selfs laë snags tot sowat 18-19° C bedags.
In die somer is dit snags 18 tot 22° C met 'n gemiddeld van 37° C in die dag.
![]()

Kelder Toere te Groblershoop
Maandag — Vrydag 09:00 tot 13:00 en 14:00 tot 15:00

Wynproe en verkope by Groblershoop en Grootdrink
Maandag - Vrydag: Verkope 08:00 - 17:00
Maandag - Vrydag: Wynproe 08:00 - 16:30
Saterdag: Verkope 08:30 - 12:00
Saterdag: Wynproe 09:00 - 11:30
Kontak ons kelders by die volgende nommers:
Groblershoop: +27(0)54 833 0108
Grootdrink: +27(0)54 741 0001
Upington: +27(0)54 337 8800
Home | English | Afrikaans | 4X4 Routes | Viertrek Roetes | Accommodation | Huisvesting | Wine Tours | Wyn Toere | Historical Tours | Historiese Toere | Contact Us | Kontak Ons | Disclaimer | Legal Notices | Privacy Policy | Sitemap | Links
Webontwerp © 2009 - 2010 Graham Page
Alle regte voorbehou