Boegoeberg Eko-roete

   

 

Historiese Toere langs die Rivier

Groblershoop

In 'n land van kontras, deur dorre heuwels en vlaktes, kronkel die groen strook langs die Oranje Rivier wat lewe blaas in hierdie gebiet. By die ingang van hierdie Groen Kalahari is die dorp Groblershoop.
Die storie van Groblershoop, ongeveer 109km vanaf Upington, het begin in 1870 toe die eerste boere in die gebied hulle gevestig het. In 1890 was 'n hidro-elektriese kragopwekker in werkinggestel,wat gebou deur A J Litchfield wie in 1895 'n voorstel vir 'n dam en kanaal stelsel ingedien het.
In 1913 is 'n waterterbune teen die rivier opgerig deur Charles Newbury wat gewerk het tot die vloed van 1988. Die sement vir die bouwerk van die keerwal en turbune is in Frankryk bekom en per skip in vate na Port Elizabeth gebring vanwaar dit per donkiekar gebring is tot by die plaas.

Tubine Gebou Turbine

Die bekende Siener van Rensburg se visie het bygedra tot die geveg waarin die sewe soldate wat op die plaas Winstead begrawe is, betrokke was. Die rebelle wat nie bereid was om saam met die Unie (S A) magte te veg teen die Duitse nie, was op pad na Suid-Wes Afrika om saam met Manie Maritz teenstand te bied. Van Rensburg het voorsien dat 'n lokval vir hulle wag en hulle het viniger beweeg om weg te kom. Soldate wat gewond is en die oorledenes is na die plaas geneem waar die sewe met volle milatêre eerbewys begrawe is. Die plaas is 25 km uit op die Griekwastad pad geleë.

Oorlogsgrafte Grafte Grafsteen van naby

In 1920 het Mnr Stern water hier begin pomp vanuit die rivier.

Boegoeberg Dam Water vloei oor Water Massa

Vyf en dertig kilometre vanaf die dorp, op 'n grondpad, is die Boegoeberg Dam wat besaan gekry het in 1929 met die bou van 'n 10m hoë keerwal. Die projek was deel van 'n regeringplan vir die opheffing van arm blanke Afrikaners. Die naam kom vanaf die Boegoeplant wat wild in die omgewing groei. Dit word gebruik vir traditionele medesyne. Die oord by die dam is 'n groen lushof met kampeergeriewe en visvang areas. Daar is ook ses chalets. Lees oor die bou van die dam hier.....

Die wateroppervlak van die dam kan gebruik word vir verskeie watersport soos bv. waterski, kanoevaart en seil. Die dam is in 1933 voltooi en is die derde grootste dam in die Oranje Rivier. Die water word gebruik vir besproëings boerdery.Lees verder oor die kanaal stelsel....
Een van die konstuksiekampe tydens die oprig van die dam en sy kanaalstruktuur is op die plaas Sternham. Die is later herdoop tydens die Groot Trek herdenken, te ere van Mr Piet Grobler , destydse Minister van Grondsake na Groblershoop.


LAAW Slagpale LAW Vleis se slagpale op Groblershoop is die grootste enkele werkgewer in die distrik en kan tot 1500 skaap per dag slag. Dit is 'n moderne slagpale en die enigste plattelandse slagpale in Suid Afrika met 'n "A" gradering. In 1999 het LAW die eerste skaap slagpale geword om die besogde ISO9002 toekenning vir hoë standarde and hygiëne. Die karkasse word landwyd versprei. Die slagpale het sy eie slaghuis en bit aan die publik die moëntlikheid van 'n eerste rankse vleis ervaaring en wêreld klas produkte.

Ezelsklaauw

In die Esel Berge, 30km suid- wes van Groblershoop, is daar 'n natuurlike kloof met 'n watergat wat elke jaar in die reënseisoen volloop. Hierdie watergat is al vir eeue daar soos aangedui deur die einaardige voetspore onderkant die watergat. Dit wil voorkom dat 'n vorm van primitiewe donkie die gat besoek het en sy voetspore agtergelaat het. Dié het versteen en is tot vandag nog sigbaar. Die onderkant van die kloof wys tekens van lava uitbarstings en die hitte van die vulkaniese aktiwiteit het moonlik die modder by die watergat versteen met die voetspoor daarin verewig. Die voetspore is op privaat grond geleë, maar kan besoek word deur vooraf reëlings met die eienaar te tref.

Wild toer Nag ritteWildebeesVersamelvoëlnes

Verskeië wildplase in ons gebied bied aan foto en jag safaris sowel as 'n dagspa.

Toer Opsies

Plek Besoeke

Turbine Toer: Kontak vir Stephan van Zyl op +27(0)54 8330410


Ezelklaauw Toer: Kontak vir George Vos op +27(0)54 833 0261


Kombinasie Toer: Besoek al die besienswaardige plekke op ons roete. Die toer kan gedoen word met 'n opgeleide geregistreede gids in u eie motor of vervoer kan geskaf word. Die toer sluit in die Boegoeberg Dam, die Turbine en die Esel voetspore. Kontak vir All Africa Travel op+27(0)83 255 5588


Wildplaas Besoeke: Ontmoet die wildbewaarde by die hek van die wildplaas of reël dat hulle u by u gastehuis of lodge kom haal.



Home | English | Afrikaans | 4X4 Routes | Viertrek Roetes | Accommodation | Huisvesting | Wine Tours | Wyn Toere | Historical Tours | Historiese Toere | Contact Us | Kontak Ons | Disclaimer | Legal Notices | Privacy Policy | Sitemap | Links


Top

Web Ontwerp © 2009 - 2010 Graham Page

Alle regte voorbehou

wordpress visitors

View My Stats