Boegoeberg se dam
Dit was al vir baaie jare planne van een of die ander soort vir 'n dam in die omgewing van die Boegoebergdam, maar
dit was of te duur of te klein of te......
Die jaar 1929 lui die groot depressie wêreldwyd in en Suid Afrika kon dit nie vryspring nie. Die landbou
en diamant sektore was die swaarste getref en veral die boere het 'n moeilike tyd beleef. Pryse was af en selfs
dan het die meeste mense nie die geld om te koop. Gepaart met die depressie het die 1930's die ergste droogte van
die 20ste eeu in gely. Armoede onder Blanke Afrikaners neem toe en met die sluiting van party van De Beers se myne
het dinge nog vererger. Omdat die probleme kort op die hake van die Anlgo-Boere oorlog gevolg het het dele van
die land nog nie herstel van die verskoeide-aarde-beleid nie. Dit was hoofsaaklik 'n Afrikener vraagstuk en dus
na sy oorname in 1924 het Hertzog begin on ondersoek in te stel vir oplossings. Die aanbeveling van 'n vroërer
commissie van ondersoek was, onder andere, die aanlê van nedersettings.

Teen Maart 1929 besluit die regeering om die Boegoebergdam en kanaal systeem as droogtenoodlenigingskema aan te
pak. Die hoofdoel was die verskaffing van werk aan blankes wat as gevolg van die droogte e.a.finansiël swaar
geky het. Die fondse was afkomstig van die Depaterment van Arbeid maar die bouwerk was onder die beheer van die
Departement Waterwese(destyds die Departement van Besproeiing). Die dam en die kanaal was onder aparte ingenieurs
en arbeidsmag. Die hoof ingenieur vir die dam was mnr.D F Kokot met konstruksie kamp by die dam op die plaas Seekoebaart.
Die kanaal was onder die beheer van mnr.Aslaksen met konstruksiekamp by Sternham(later herbenaam tot Groblershoop
na mnr. Piet Grobler, minister van Arbeid).
'n Skare mense het na Boegoeberg gestroom om te help met die bou van die dam. Talle oud-delwers van diamant gebiede
en ander blankes wat swaargekry het, het ook hier 'n heenkome gevind.
Kokot se reël was: Geen drank en geen vroumense nie! Maar die nageslag van die Voortrkkervrouens het
nie vir Kokot geskrik nie en een na die ander het hulle gekom. Hulle het sakke oor pale getrek(sakkaias) om in
te woon. Mettertyd het die konstuksiespan die wooneenhede van hout en sink met kleivloere voltooi en kon die getroude
mans daar intrek. Die ongetroude mans het in die tente(die sogenaamde “ramkamp”) bly woon. Die gemiddelde
loon vir die werkers was 7s-6d per dag (ongeveer 75 cent) en die meeste was op stuk werk en kon dus meer kry met
harde werk.
Al die werk is deur blankes gedoen met pik, graaf, kruiwaensen met behulp van donkies.Die enkele bruinmense wat
by geleentheid daar gekom het, het vir die ounooi houtgekap vir 'n stukkie kos. Selfs die kinders het klippe aangedra
vir die kanaal teen 'n sikspens per dag.
Die spoorwegstasie vir die dam was Draghoender, 'n afstand van ongeveer 64 kilometers en die vervoer is met donkiewaens
gedoen. Later het privaat lorries begin om produkte aan te ryen hulle het verkies om by Kleinbegin stasie te laai.
In die begin was dit net mans wat gekom het en beide werkers en ingenieurs het in tente gewoon.

Die kofferdam was gebou van sand sakke wat op die manne se rûe gedra is. Nadat die kofferdam gepak is
om so ongeveer vyvtig tree op 'n keer af te sluit, is die fondamente gegrawe. Op party plekke is die fondamente
dieper as wat die dam wal hoog is. Alle werk is met die hand gedoen, selfs gate vir plofstof is met die hand geboor.
Beton is op die perseel gemeng en met koekepanne na die punt gebring tot waar die wal gevorder het.
Teen 1932 was die dam sover dat die eerste water in die kanaal gesit kon word. Niemand praat van 'n groot inwydingsfunksie
nie —- dalk was die skemamense nie genooi nie; dalk was hulle te besig om 'n bestaan te probeer maak.

Die Syfers
Die kruin van die wal is 885.75 meters bo seespieël en 13.7m bokant die laagste fondasie. Die massa beton,
grawiteitsdeursnitbetonwal het 55045m³ beton gebruik en die kostes van die dam en konstruksiekamp was £215
000 (sterling).
Bron: Boegoebergdam se Mense deur Lokkie van Zyl. Afsrifte beskikbaar by ons inligtings kantoor
te Groblershoop.
Lees oor die kanaal.... |